Hi, my naam is Christa Le Roux van Schweizer-Reneke. My dogtertjie het 'n oog probleem en kan nie mooi sien nie en die gevolg is dat sy nie in 'n gewone skool kan wees nie, ons het haar in Gr2 uitgehaal en besluit om haar te tuisonderrig. Ek het kennis gemaak met Lana deur die tuisskool groepie en sy het vir my stories gestuur wat Lize kan luister. Sy het 'n masjientjie gekry by "SA library for the blind" en kry weekliks cd's van Grahamstown af. Dit en die stories van Lana hou haar lekker besig, maar omdat Lana dit self lees, is dit vir haar heerlik om te luister. Sy leef haarself so in die storie in.

- Christa Le Roux (epos: [email protected])